Organiese landbou

Biologiese groentekwekery op 'n organiese plaas in Capay (deelstaat Kalifornië, VSA)

Die terme organiese of biologiese landbou verwys na boerderypraktyke waarby graan, vrugte, vleis en ander agrariese produkte op die basis van natuurlike en volhoubare metodes en met gebruikmaking van kennis uit vakgebiede soos ekologie en omgewingsbewaring geproduseer word. Organiese boerderye gebruik slegs natuurlike dier- en plantprodukte as bemesting, terwyl chemikalieë soos sintetiese plaagdoders, kunsmis en sintetiese groeihormone net soos geentegnologie en voedselbestraling — in teenstelling met praktyke in die konvensionele landbou — glad nie toegelaat word nie. In sommige lande word bestuiwing van plante verbeter deur die konstruksie van insekhotelle om toepaslike insekte te lok.

Verbruikers betaal gewoonlik 'n premie vir biologiese produkte.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search